top of page
  • Anoniem

2 Jaar later...

2 Jaar terug was hierdie die heel eerste foto wat ek van/in Halifax geneem het.



Ek onthou goed hoe bitterlik opgewonde het ons daardie oggend wakker geword en het so uitgesien na al die sneeu! Ons bly mos nou in 'n winter wonderland! My liewe man het solank hasepad gekies en 'n kar gaan huur by een van die maatskappye op die lughawe (ons het by die lughawe hotel oorgeslaap). Hy het nog so by die venster uitgeloer en braaf besluit dit lyk glad nie so koud nie. In tipiese Namibiese styl, is hy daar uit met 'n kortbroek, maar nie lank daarna nie, was hy terug om my te kom vertel dis ysig koud. Ek kan glad nie onthou wat die tempertatuur daardie oggend was nie, maar dit was beslis 'n heel ander koue as waaraan ons gewoond was.



Om sneeu vir die eerste keer te sien; was "magic". Daar is net geen beter woord daarvoor nie. En twee jaar later is dit nog net so wonderlik. Intussen het ons geleer dis meestal glad nie so koud as dit sneeu nie. Dis veel kouer as dit reën en die wind so erg waai. Ons het ook geleer dat wat ons gedink het baie sneeu was in 2020, is eintlik net 'n "flurry" in 2022.




Vandag het ons weer ys-reën, ironies genoeg het ons ook hiermee kennis gemaak in 2020 kort na ons aankoms (daar was geen sprake daarvan in 2021 nie).


Elke dag hou nog steeds vir ons 'n tikkie "magic" in. Sommige dae meer as ander, maar nog net so lekker (en soms deurmekaar) soos op daardie eerste oggend!


PS: en hier kan julle lees oor ons chaotiese eerste oggend: https://www.ongiini.com/post/ons-is-hier-deel-1




63 views1 comment

Recent Posts

See All
bottom of page