top of page
  • Anoniem

Welkom!

Welkom op hierdie hoekie van die internet! As jy hier beland het, is dit omdat jy dalk navorsing oor immigrasie begin doen het. Iewers langs die pad sal ek ons pad deel.


Maar vir nou, welkom by Ongiini! Van waar die vreemde naam? Dit beteken Hello in Oshiwambo. Dit gee so bietjie weg van waar my wortels hulle oorsprong het. Gebore in 'n Namibiese kus dorpie en later getroud met 'n Namibiese boerseun. En nou, nou bly ons hier in die verre koue noorde. 12,045 km vanaf familie, vriende en alles wat eens so bekend was.


Die eens Weskus mense is nou Ooskus mense. Die klein dorpie is verruil vir 'n stad. Die son kom vroeg op en gaan sak laat - baie laat! Daar is 'n toep (app) vir alles onder die son! Die mense is meestal vriendelik en ons harte is vol en gelukkig meeste van die dae.


Een van die vrae wat ek die meeste kry is hoe het ons tot hier gekom. In latere skrywe sal ek my bes probeer om te verduidelik (en dis ook die oorsprong van die blog se begin).


Saam met dit is daar ook baie vrae en deel van resepte want alles moet ewe skielik ver-Kanadees word. Dinge lyk anders (en werk ook soms) anders hier. Nuwe land, nuwe dinge!


Vir nou is dit eers genoeg geskryf!


Hou maar die bladsy dop vir meer stories, resepte en lekker dinge!



143 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page