top of page

Ontdek: Maritime Museum of the Atlantic

Anoniem

Updated: Aug 27, 2020


O jinne ek is mal oor museums! Dit hou vir my ‘n baie groot bekoring in om so bietjie terug in tyd te gaan. Dit was dus geen verrassing toe ek vir my man sê hy en die kinders kan maar winter baadjies aantrek en reg maak, ons is op pad museum toe. Die eerste museum: Maritime Museum of the Atlantic.

Ek self is nie mal oor die idee van seil oor die wye oseaan nie, maar om die geskiedenis te sien, maak my sommer baie opgewonde.

Dit was ‘n redelike koue oggend gewees. Gelukkig is die museum lieflik verhit. Sommer met die intrapslag sien die kinders iets wat hulle oog vang. Die papegaai! Hy is gelukkig baie vriendelik en kan nie naby aan jou kom nie.

Regdeur die museum staan die mooiste model bote. Dit moes sekerlik ure se werk vat om almal aanmekaar te sit. Daar is ‘n kamertjie waar jy deur die glas kan kyk terwyl hulle besig is om die bote aanmekaar te sit.


Die ding wat my natuurlik die meeste fassineer, is die figure wat voor op die bote vas gemaak was. Die vreeslik mooi gerestoureer (en bitter oud).


Ons lees daar ook so bietjie van ons nuwe stad. Ons het nog nooit vantevore van die 1917 Halifax Harbour Disaster gehoor nie. Ek sal later meer van ‘n park vertel wat nog meer hiervan vertel. Dis fassinerend.

Die museum het ‘n lekker kinder hoekie waar hulle hulle eie poppekas kan hou of sommer net kan speel.

Ek dink ons het in die museum ook die oudste bottel Captain Morgan Rum gesien (dd. 1972).

Die uitstalling waarna ek natuurlik die meeste uitgesien het, is die uitstalling oor die Titanic. Ons almal het die stories gehoor, dalk boeke gelees en moontlik die film gesien. Dit was vir my ‘n asemrowende oomblik om te weet dat ek hier voor iets staan wat ek van weet en van gehoor het. En hier kan ek dit sien ook. Daar is 'n gedeelte van 'n trap reling. Die houtwerk is baie fraai en ek kan net dink hoe mooi die skip moes wees. Daar is ook ‘n hele uiteensetting van elke oomblik van die skip se sinking (alhoewel dit vir my onleesbaar lelik geskryf is). As jy die foto’s vergroot mag jy dit dalk kan lees. Daar is ook ‘n kabinet, handskoene, dek stoel en skoene as deel van die uitstalling.



Daar is ‘n hele paar interaktiewe uitstallings ook. Een van hulle wat heel oulik was, is die ou boot kompleet met kombuis, en kaste se deure wat oop en toe klap. Deurentyd speel hulle die geluid van krysende seemeeue. Dit kinders was dol daaroor!


Die heel beste oomblik van ons besoek, was toe die persoon agter die toonbank vir ons brosjures wou gee met inligting oor ‘n seisoen kaartjie. Sy het geen brosjures by haar nie. Geen probleem, sê sy. Sy loop na die onderkant van ‘n oop venster en roep na die persoon daar bo. En woeps, hier kom ‘n wit sakkie uit en word afgehys onder toe met die brosjures. Dit was vir my so kostelik ek moes dit net opneem.


Buite die museum is ‘n lekker speel plek en natuurlik The Wave. Die museum sit ook baie grieflik naby die waterfront, en daar is die lieflikste winkeltjies. Maar dis natuurlik toe in die winter maande. Dis hoog op ons lys as een plek waarnatoe ons weer wil gaan noudat dit somer is.



 
 
 

Comments


  • facebook

©2020 by Ongiini. Proudly created with Wix.com

bottom of page