top of page
  • Anoniem

Geseënde Kersfees!


It's beginning to look a lot like.....hmmm, die antwoord is beslis Kersfees. Ons heel eerste Kanadese Kersfees sonder familie om ons.

Het ek gehoop vir 'n eerste wit Kersfees? Beslis. Gaan dit 'n wit Kersfees wees? O nee.

Laas naweek het ons 'n lekker klomp sneeu oral om ons gehad. My twee jongstes het gejil: kyk mamma, dit sneeu! Dis nou Kersfees! Hulle ma het gedink: kyk, dit sneeu! Moet beslis werk aan my pikkewyn stappie.


Ons het beslis die meeste gemaak van die paar sneeu dae. Daar is sneeumanne gebou en die 'toboggans' (sleës) is uitgehaal. Daar was ook baie sneeuballe heen en weer gegooi.


Intussen het dit gereën en daar is nie veel sneeu oor nie. In essensie het ons dus 'n groen Kersfees - net soos al die voriges. Behalwe, die bome het nie blare nie en alles lyk eintlik maar vaal. Daar is geen somer son nie en beslis nie yskoue waatlemoen en 'n strand braai nie. Gelukkig is dit mos nie waaroor die dag gaan nie.


Kersfees hier is beslis heel anders as wat ek ken. Sommer net eenvoudig gestel: sie mense gaan groot! Dis 'n fees van liggies reg om ons. Agter in ons bure se erf staan twee massiewe Kersbome en ons verwonder ons elke aand daaraan. As jy die voorreg het om dalk iemamd te kan besoek oor die Kers seisoen, mag jy dalk, soos ek, jouself vergaap aan al die versierings en die mooiste bome in die huise. Die beslis 'n kunswerk in eie reg.

Gisteraand vra die buurvrou of sy gou 'n paar geskenkies kan kom afgee. En sy daag op met 2 sakke vol. Selfs die kat kry iets. Dit slaan so bietjie my asem weg. Die vryhewigheid van (amper) vreemdelinge.


Ons eerste Kanadese Kersfees is beslis een wat ons altyd sal onthou!


Ek hoop dat waar jy jouself ook al bevind, jy die wonder en lekker van Kersfees kan beleef! Ek hoop dis 'n geseënde dag vol liefde, omgee en lag. En as jy dalk familie om jou het, geniet elke oomblik saam met hulle!

As jy dalk op soek is na 'n Kersfees boodskap; hier is een van my gunsteling Kersfees praatjies (oor die ware betekenis van die dag) deur Greg Laurie ('n Amerikaanse pastoor): https://play.acast.com/s/anewbeginningwithgreglaurie/377b895f-c90a-4140-af1a-ac960018f870

145 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page