Aarbeie en nogmaals aarbeie
Ons probeer om meeste naweke ‘n rigting in te slaan. Daar is soveel mooi en ‘n nuwe wêreld om ons. En ek wil ALLES sien!
My woestynkind hart het nog altyd gesmag na reën en groen! En hier sit ek nou, in Nova Scotia, en dis groen op groen. Die reën is nog nie so baie nie, maar die groen maak op daarvoor. In my are vloei daar ook ‘n redelike goeie dosis plaas tannie. 😊 Ek sal heeldag bak en brou as ek kan.
Laas naweek besluit ek toe ons moet gaan aarbeie pluk. Dis ‘n 90km rit en ek pak al die vorige aand die padkos. Mens weet nooit waar eindig jy op nie (en my kinders is altyd honger).
Die eerste U-pick is toe en ek soek gou ‘n ander een. Die een kind se lip hang al klaar want nou gaan ons nie aarbeie pluk nie. Dankie tog daar is nog een net 3 km verder – Bob Ansems U-Pick in Centreville.
Met die uitklim slag tref die onmiskenbare reuk van aarbeie jou. Dis ongelooflik! Dit ruik soet, dit ruik pienk en dit ruik lekker! Onmiddellik begin dink ek aan elke denkbare aarbei resep. Ek vind dis redelik goedkoop - $ 2.50 per bakkie (as jy nie jou eie bring nie) en $ 2.25 (as jy jou eie bakkie bring). ‘n Vol bakkie weeg so tussen 450 g tot 500 g.

Ons verlaat daardie aarbei velde met 6kg aarbeie. Hoekom? Want daardie aarbeie is ongelooflik lekker! Loshande die lekkerste wat ek nog geëet het. En met elke happie sien ek in my geestesoog iets wat ek kan maak daarmee.
So hier is wat ek opgetower het met al daardie aarbeie.

Aarbei konfyt (in die mikrogolf):
1 kg aarbeie
125-250 ml suiker
125 ml suurlemoen sap
1. Kook aarbeie en suurlemoen sap vir 5 minute op hoog.
2. Roer die suiker by en roer tot die suiker opgelos is.
3. Kook vir 5 minute op hoog en roer deur.
4. Kook nog 5 minute op hoog en roer deur. Ek verkies om dit op hierdie punt te verpulp (baie liggies met ‘n stick blender).
5. Kook nog 10 minute op hoog. Roer elke 5 minute.
6. Gooi uit in skoon botteltjies en bere.
Lewer ongeveer 3 x 500 ml botteltjies.
Nota: dit hang af van hoe soet jou aarbeie is van hoeveel suiker jy gaan gebruik. 125ml het perfek gewerk vir my.

Aarbei rolletjies:
1kg aarbeie
7.5 ml suurlemoen sap
30 ml suiker
30 ml water
Knippie sout
1. Kook alles saam vir 15 – 20 minute.
2. Verpulp tot fyn.
3. Voer bakplate uit met bakpapier.
4. Smeer mengsel redelik dun op die bakpapier.
5. Sit bakplate in die dehydrator vir 3 tot 3 ½ ure op 27 C (71 F).
Variasies:
• 500 g aarbeie, 500 g kersies
• 500 g appels en 500 g bloubessies met ‘n klein knippie kaneel
Nota: Ek het geen idee wat ‘n dehydrator in Afrikaans is nie. Droog boks? As jy nie een het nie, kan dit sekerlik ook in die oond uitgedroog word. Ek het al probeer en dit was minder suksesvol.
Dis natuurlik nie al wat ek gemaak het nie! Ek het ook aarbeie heel uitgedroog. Die kinders eet dit soos lekkers! ‘n Hele sak aarbeie is in die vrieskas vir smoothies. Ek dan gaan ek ook nog ‘n verruklike aarbei koek maak.




Mấy bài kiểu “giải mã” thương hiệu đọc lướt mà vẫn nắm được ý chính nên mình thấy cũng dễ chịu. link jw88 mình mở ngay trên máy để xem bố cục họ làm ra sao, chủ yếu xem cách họ chia nội dung theo từng khối chứ chưa đi sâu vào phần trò chơi. Cảm giác trang này sắp xếp khá gọn, kéo xuống là gặp các đoạn giới thiệu về hành trình phát triển nên đọc không bị đứt mạch (mình thích kiểu viết theo cột mốc như vậy). Có một chỗ họ nhắc việc hoạt động theo giấy phép quản lý bên Philippines, đoạn này để ngay trong nội dung nên nhìn phát thấy luôn, khỏi phải…
https://keonhacai5.ws/ dạo này thấy mọi người nhắc hoài nên mình cũng bấm vào coi thử cho biết, kiểu xem giao diện thôi chứ không ngồi đọc kỹ hay làm gì. Vừa vào là thấy trang sắp xếp khá gọn, nhìn không bị rối mắt như nhiều chỗ khác. Mình thích nhất là cách họ chia nội dung thành từng khối rõ ràng, lướt xuống vẫn dễ theo dõi. Với lại mấy phần thông tin trình bày theo dạng bảng/cột nên nhìn cái là nắm được ý chính, không phải kéo qua kéo lại hay đọc dài dòng. Menu cũng đặt chỗ dễ thấy nên chuyển mục nhanh, không phải mò. Nói chung cảm giác dùng thử vài phút khá ổn…