• Anoniem

Iets vir die kinders - Kiwi Co


Ek is baie lief vir subskripsie bokse. Dis soos klein geskenkies en jy weet nooit wat jy kry nie. Ek is 'n groot liefhebber van Causebox, maar het ook al FabFitFun probeer. Vir die kinders het ek KiwiCo probeer. Dis nou hulle derde boks wat hulle gekry het, en dis nog elke keer oulik en vet pret gewees.


Daar is heelwat opsies om van te kies. Ons het op die oomblik die #KiwiCrate (vir my 6 jarige); die #DoodleCrate (vir my 8 jarige) en die #TinkerCrate (vir my 12 jarige).


Ek gaan gou onder wys hoe lyk die boksies en wat hulle gemaak het.




#KiwiCrate




Daar is gewoonlik 2 projekte in een boksie. Ek wys net een. Ons sal later die ander een maak. Hierdie keer het sussie 'n liggie gebou wat kleur verander (kyk op die video). Sy is mal daaroor! Mamma help wel hier en daar.















#DoodleCrate

Die #DoodleCrate is vir kreatiewe kinders. Hierdie sussie is dol oor teken. In haar boksie was 'n leer sakkie wat sy aanmekaar moes werk met gare en kon versier met metaal knopies. Saam met dit het sy ook 'n skets boekie gekry. Sy kon nie wag om somme te maak en meerminne te teken nie. Mamma help hier en daar.


#TinkerCrate


Die #TinkerCrate is vir my 12 jarige. Meestal behels dit die een of ander tipe van iets aanmekaar bou. Ons heel gunsteling was 'n pendulem. Hierdie keer was dit 'n Automaton (jip, hulle spel dit so)! Alhoewel ek hierdie een vir my 12 jarige bestel, is ek gewoonlik die een wat dit bou. Die eerste boks het bietjie elektronika bevat en dit het hom vreeslik intimideer. Hy sal gretig kyk terwyl ek bou, en tog te lekker werskaf met die produk as dit klaar is. Ek kla nie - ek hou van die uitdaging om iets te bou.











As julle dit wil probeer (in Kanada), hier is die besonderhede:

  1. Dit kos CAD 32.95 per maand (jy kan kies om maande te mis).

  2. Soms betaal ek invoer kostes (CAD 10.71 vir al drie) en soms beland dit net in my posbus.

  3. Dit neem so 2 weke vir aflewering.

  4. As jy my kode gebruik, kan jy $ 10 afslag kry op jou eerste boks (https://www.kiwico.com/Refer?i=MaritzaS5)

Ek hoop julle kinders (of julle) geniet dit net so baie soos ons gesin!


PS: Ek dink ook dis 'n oulike geskenkie om te gee vir kinders (in Kanada) vanaf familie wat dalk nog in Namibië (of Suid Afrika) bly. Ek is altyd bly oor enige geskenk wat nie net speelgoed is nie.

40 views0 comments

Recent Posts

See All

©2020 by Ongiini. Proudly created with Wix.com