• Anoniem

As jy die FEDEX kar in jou straat sien!

Updated: Jul 17, 2020

In 'n lewe voor Kanada, het ek gedroom van aanlyn inkopies wat hulle by jou voordeur aflaai (ons eerstydse huisie by die see was maar in 'n klein dorpie). Jy het altyd die advertensies gesien van alles wat mooi is en met heimwee gekyk hoe bekende YouTube stêrre hulle boksies uitpak.


Ewe skielik bevind jy jou in 'n eerste wêreld land. Dinge werk anders hier. Of eerder dinge werk. Niks maak my so kinderlik opgewonde soos aanlyn inkopies nie. Soveel so, dat ek eens op 'n tyd my eie aanlyn winkel besit en bestuur het. Dit was vir my die heel lekkerste lekker van my dag (hopelik kan ek dit binnekort weer doen)!


Vir my was 'n subskripsie boks nog altyd die ideaal. Jy kry 'n verrassinkie elke maand (of drie) teen 'n afslag prys. Dus kan julle maar goed weet - een van my eerste proeflopies was 'n kos subskripsie (want kook en bak is my "happy place"). En nes ons dalk in feëtjies geglo het in ons kinderjare, het ek geleer om absolute geloof te hê in FEDEX en hulle aflewerings. As jy by die deur kom en daar staan en wag jou boksie vir jou - dis soos Kersfees in Julie vir hierdie vrou!


Vanoggend het ek my tweede Causebox ontvang. Na die eerste een het ek geweet, hierdie een gaan 'n permanente subskripsie word. Daar is soveel waardes aan die boks geheg wat my naby die hart lê. Meeste van die produkte is "skoon" (wat my ook herhinner aan my destydse aanlyn winkel). Met meeste van die produkte gaan 'n groot gedeelte terug na gemeenskappe/projekte wat dit nodig het.


In my Julie boks (CAD $ 62.90) het ek die volgende gekry:



PMD Beauty Clean gesig borsel ($ 99)

Feya Candle Co. Reed Diffuser (Bergamot & Grapefruit) ($35)

Pepper + Vetiver x 3 bakkies ($ 36)

Altcooking Hub 6 Silicone stretch lids ($ 8)

Grace & Stella Hyaluronic Serum ($ 25)

Honua Hawaiian Skincare Malu Day Cream ($ 42)

Doctor Rogers RESTORE healing balm ($ 30)


Ek is absoluut gek oor al die produkte en kan nie wag om meeste van dit te begin gebruik nie. Dis soos 'n klein geskenkie elke 3 maande wat net vir my (en my huis) is!


As julle dit ook wil probeer, kliek op die prentjie (geaffilieer) en kry $ 10 afslag! Hulle doen elke 3 maande 'n Intro Box. My eerste een was 'n Intro Box en was deur en deur die moeite werd!


Indien jy dit ook kry of dalk nou inteken, laat weet my wat jy daarvan dink!


73 views1 comment

Recent Posts

See All

©2020 by Ongiini. Proudly created with Wix.com